top of page

About

Committed to Excellence

Ek, Johan Barnard anders bekend as Fido is 'n oudleerling van Hoërskool Volkskool Potchefstroom. Ek het verder gestudeer aan die ou Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. vandag bekend as Noordwes Universiteit, Potchefstroom kampus. Verder het ek die graad in Ingenieurswese (Chemies) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Na verskeie jare se werk as Ingenieur in die industrie het ek Senior Lektor poste beklee aan die NWU Potchefstroom en Vanderbijlpark kampusse, asook die destydse Vaaldriehoek se Tegnikon. Dan nog het ek voldoen aan die vereistes om te kwalifiseer as Professionele Ingenieur.

Verder is ek 'n formidabele tennisspeler en het eerste liga tennis gespeel. Ek was navorsings projekingenieur verbonde aan die Hartebeesfontein goudmyn op Stilfontein se navorsings- en ontwikkelingsdepartement (waar ek op die goudaanleg projekte gedoen het vir goudherwinning).

As waterwyser was ek verantwoordelik vir sterk boorgate in die al vier die ou provinsies asook in drie ander Afrikalande.

bottom of page